Leigh-Anne Serb Role: Clinical Doctorate student in Counselling Psychology First Language: Afrikaans Other Languages: isiXhosa, Romanian Language: Afrikaans (Afracáinis) Family: Germanic Spoken in: South Africa, Namibia Speakers: 15-23 million Ek was gebore tydens die Apartheidsjare in Suid- Afrika, my moederland. Afrikaans is my moedertaal en ek ken isiXhosa, Mandela se taal. Woorde tussen die twee tale het om my lewe rondgespeel soos musieknote in ‘n simfonie – soms was dit mooi. Dit was ander mense se woorde. En toe vind ek my eie. My kinderwoorde was ietwat militant want die wereld rondom my was aan die baklei. Plakkate het geskreeu: “Free Mandela” links, regs en vorentoe. So tussen die “Red ons Vaderland!” en “Amandla!” het die letterkunde nog my ongeskrewe blad opgevul met hoop en liefde. Ek kon twee tale verstaan wat twee pole verteenwoordig het - en in die middel staan ek soos ‘n brug. Apartheid was onderdrukkend, ja, en polariserend, net soos die tale. Afrikaans vir die wit mens en isiXhosa vir die swart mens en ek - die bruin mens – die brug. Ons lag dieselfde, bloei dieselfde, en hoop dieselfde, al gee ons vir dit verskillende name. Die dag toe die plakkate neergele was het die reënboognasie verskyn en het die woorde se toon verander. Tale het begin saamweef rondom my en binne my en ons het mekaar begin vind en verstaan. Ons volkslied het nou almal ingesluit. Ons kon nou een lied bou wat bestaan het uit woorde van verskillende tale. Nkosi Sikelel’ iAfrika! Taalvaardigheid bepaal in ‘n groot mate hoe ‘n mens kaan deelneem aan die lewe soos afkondigings van die regering of sommer net advertensies in ‘n winkelvenster sluit jou uit as jy nie verstaan wat dit se nie. Om hierdie rede geniet ek dit om gesegdes in verskillende tale te leer. Ek het uitgevind dat om mense in hulle moedertaal te groet ‘n fanstastiese uitwerking op mense het en dat dit vriendelikheid onstluit. Dit verwelkom iemand in my teenwoordigheid en dit ontsluit ook gasvryheid. Ek het geleer om te se “Goeie dag”, “Good morning”, “Molo”, “Bon Jour”, “bună ziua”, “Annyeonghaseyo”, “ “lá maithen”, “Buongiorno”. Met hierdie paar woorde word ek deel van ander wêrelde, word ek ingeneem en bloodgestel aan ‘n wyer ervaring van gesegdes, geure en klanke - en ek neem deel aan veel meer as net die dinge van my Moederland. Ver van my land en my taal, op hierdie universiteit, hoor ek ‘n nuwe simfonie geweef met uitheemse tale - reënboognote - so soet, so strelend, so teer. 20
TCD Multilingual 2015
To see the actual publication please follow the link above